Gimmies se eerstespan klop Kempton Park met gemak

Marco Jansen van Gimmies in aksie. Foto: Wouter Pienaar

Die 1ste krieketspan van Gimmies het vir Kempton Park met 9 paaltjies in die Finsburyreeks getroef.
Die Kempies is vir 53 lopies uitgeboul. Marco Jansen spog met 4 paaltjies wat hy in 6 beurte geneem het. Hy staan 12 lopies af. Gimmies teken die wenlopies in die 10 beurte aan en verloor 1 paaltjie. Duan Jansen teken 20 onoorwonne lopies aan. Die o.15’s het met 25 lopies teen Kempies verloor. Louis Fourie staan 19 lopies in sy 10 beurte af en spog met 1 paaltjie. Xander van Gas teken 40 lopies aan.

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top