NWU Kanoklub vat indrukwekkende brons in kanopolo

Die NWU-Kanoklub se Karl Jacobie ontvang die bal. Foto: Ronald Botha
Die NWU-Kanoklub se Karl Jacobie ontvang die bal. Foto: Ronald Botha

Die NWU Kanoklub se polospan het Saterdag 24 Februarie ‘n derdeplek behaal in die Vikings Cup kanopolotoernooi op die Homestead Dam in Benoni.
Die “round robin” kompetisie is die eerste kanopolokompetisie waaraan die NWU-klub in jare deelgeneem het en die meeste van die spelers het nog nooit aan ‘n amptelike kompetisie deelgeneem nie. Die NWU-span het hul eerste wedstryd teen ons bure (Parys) gewen, toe twee wedstryde verloor (bygesê teen twee van die grootste klubs in die land) en daarna vir 3de of 4de plek moes uitspeel (weer teen Parys).
Wat die prestasie nog meer interessant maak, is dat die NWU-klub nie ‘n amptelike oefenveld het vir kanopolo nie en gewoonlik sonder regte doelhokke moet klaarkom.
Voorts is die toerusting wat tot hul beskikking is, baie verouderd. Ten spyte hiervan, het hul ‘n paar van die groot Johannesburgse klubs onkant gevang met ‘n hele paar doele.
Die span het bestaan uit Jason Spengler, Karl Jacobie, Dawid Jordaan, Leo Kerkhoff, Ryan Gossayn en Emile Janse van Rensburg.

Mall

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top