NWU en Shimlas lek lippe af vir VB-stryd

Tapiwe Mafura, kookwater heelagter van die NWU
Tapiwa Mafura.

Intensiteit is die wagwoord vir die NWU se Varsitybekerspan wanneer hulle kragte teen Shimlas, hulle ou Kovsies Intervarsity-teenstander meet, hierdie Maandag, 12 Maart op die Fanie du Toit Sportgronde.

Die tafel vir die hierdie stryd word alreeds vanaf die vorige kragmeting tussen dié twee spanne gedek, wat die NWU in Bloemfontein verlede jaar met 23-35 verloor het.

Nou is dit tyd vir die NWU om ‘n rugbyfeesmaal voor te sit wat die menigte studente op die Fanie se pawiljoene se honger vir ‘n groot oorwinning oor hulle tradisionele teenstanders in die “derby” sal versadig. Die aptyt is wel goed aangewakker nadat die NWU vir Tukkies met krummels na ‘n 40-26 oorwinning gelos het.

Die NWU het die wedstryd beheer en na so ‘n positiewe vertoning is die gemoedere hoog in die Potchefstromers se kamp.
In teenstelling sal Shimlas die vlieg in die NWU se sop wil wees met ‘n oorwinning in Potchefstroom hierdie Maandag. Shimlas afrigter, Hendro Scholtz sal moet seker maak dat sy manne wel alles moet uithaal, veral nadat hulle ‘n week se ruskans gehad het om van hulle vorige 49-12 vernedering in die Rosestad teen UJ te herstel.

Die manne van Shimlas wat met ‘n valkoog dopgehou moet word is die vlugvoetige vleuel, Athi Halom, sowel as losskakel Nicolaas Naudé wat tot dusver goeie toernooie gehad het. Volgens NWU-breier, Jonathan Mokuena is hy vol selfvertroue dat die NWU nog ‘n wen kan inpalm en fokus hy nie soseer op wat Shimlas kan bring nie, maar eerder hoe sy eie span week na week verbeter.
“In die wedstryd teen Tukkies het ons van die begin af beheer geneem en dit was goed om te sien hoe ons vir die bal op die grond gekompeteer het en honger was om ook hard te verdedig en nie kanse te gee nie.

In die laaste paar minute het hulle drieë gaan druk, maar dit was omdat hulle balle rondgegooi het en uit karakter begin speel het. Die belangrikste vir ons is om ons konsentrasie te behou hierdie week teen Shimlas en elke keer die intensiteit te lig, veral wanneer ons sien dat hulle dit nie verwag nie,” het Mokuena bygevoeg. D

ie NWU sal op hulle staatmakers soos losskakel Schalk Hugo en flank Gideon van der Merwe se nommers druk, met albei hierdie spelers wat uitstekende wedstryde teen Tukkies gehad het. Henko Marais het ook weer goed op vorm gelyk en ‘n paar kragtige lopies en klipharde verdediging ingesit.
Die heelagter Tapiwe Mafura was ook briljant en hy sal graag op sy vorm wil voortbou.

Dié wedstryd om 19:00 af.

NWU se span teen Shimlas: 15. Tapiwa Mafura, 14. Dean Gordon, 13. Evardi Boshoff, 12. AK Nela, 11. Dean Stokes, 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September, 8. Tiaan Bezuidenhout (kaptein), 7. Estehan Visagie, 6. Gideon van der Merwe, 5. Walt Steenkamp, 4. Johan Retief, 3. Robert Hunt, 2. Louis van der Westhuizen, 1. Matima Maganyi. Plaasvervangers: 16. Percy Mngadi, 17. Nelius Theron, 18. Theodore Ferreira, 19. Jaco Swanepoel, 20. Wandi Mazibuko, 21. Nkosana Mbatha, 22. Ryno Wepener, 23. Jimmy Mpailane.

Tuks vs NMU,2018 Varsity 7’s Rugby, Monday 5th March 2018, Pretoria, LC Stadium Stadium

Mall

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top