Promosa Sekondêr se atletiekheld wil in Wayde se voetspore volg

Damian Visagie is gereed om sy provinsie by die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe as die provinsie se beste atleet in die 200- en 400 meter te verteenwoordig. Saam met hom staan die mans wat 'n groot aandeel in sy ontwikkeling gehad het. Van links is Doe-Lano Koraan (afrigter), Gerome Schoeman (sportbestuurder, Promosa Sekondêr), Wynton Louw (onderhoof, Promosa Sekondêr) en Given Scorgie (sportkoördineerder, Promosa Sekondêr). Foto’s: Wouter Pienaar

Soos ‘n vars bries op ‘n somersmiddag op die Kenneth McArthur Atletiekstadion, het Promosa Sekondêr se 200 en 400 meter sensasie Damian Visagie (17), gewys waartoe hy in staat is.
Hy het goue medalje in ‘n blitsvinnige tyd van 48.50 sekondes in die 400 meter en 22.01 in die 200 meter-items by die Noordwes Atletiekkampioenskappe behaal. Hierdie prestasie het tot gevolg dat hy nou die beste is in die provinsie. Nou is sy volgende droom om SA kampioen te word wanneer die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe vanaf 22 tot 24 Maart by dieselfde stadion plaasvind. Sy onderwysers, afrigters en die hele skool staan bankvas agter hierdie nuwe sportheld wat uit en uit ’n Promosa produk is en bewys het dat talent ondanks moeilike omstandighede, ontgin kan word.
“Ons is ongelooflik opgewonde en weet dat hy die kans het om die goud by die SA’s terug te bring. Damian is baie gedissiplineerd en hy sit baie moeite in. Dit tel ook in sy guns dat hy die plaaslike toestande ken. Ons gaan hom met alles in ons ondersteun. Die jong man is in ons oë reeds ‘n wenner,” vertel die onderhoof van Promosa Sekondêr, mnr. Wynton Louw. Damian het beslis nie met ‘n silwer lepel in die mond grootgeword nie, en moes op die ondersteuning van sy ouma, broer en suster staatmaak nadat albei sy ouers oorlede is toe hy maar 11 jaar oud was.
“Dit was maar moeilik, maar ek het net aangehou om aan my drome te werk. Ek geniet die kompetisie vreeslik. Sport help my om te fokus. Voor ek hardloop sal ek op die baan fokus met net een doel – om te wen,” vertel Damian.
Volgens Doe-Lano Koraan, sy atletiekafrigter van die afgelope drie jaar, het hy eers die 100 en 200 meter gehardloop voor hy in die 400 meter sy klas begin wys het.
“Daar is iets spesiaal in Damian en ons glo hy kan nog groot hoogtes bereik,” noem hy.

Damian Visagie is gereed om sy provinsie by die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe as die provinsie se beste atleet in die 200- en 400 meter te verteenwoordig. Saam met hom staan die mans wat 'n groot aandeel in sy ontwikkeling gehad het. Van links is Doe-Lano Koraan (afrigter), Gerome Schoeman (sportbestuurder, Promosa Sekondêr), Wynton Louw (onderhoof, Promosa Sekondêr) en Given Scorgie (sportkoördineerder, Promosa Sekondêr). Foto’s: Wouter Pienaar

Damian Visagie is gereed om sy provinsie by die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe as die provinsie se beste atleet in die 200- en 400 meter te verteenwoordig. Saam met hom staan die mans wat ‘n groot aandeel in sy ontwikkeling gehad het. Van links is Doe-Lano Koraan (afrigter), Gerome Schoeman (sportbestuurder, Promosa Sekondêr), Wynton Louw (onderhoof, Promosa Sekondêr) en Given Scorgie (sportkoördineerder, Promosa Sekondêr). Foto’s: Wouter Pienaar

Mall

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top