Herwinning sonder gemors – het jy ‘n oplossing?

Dit is hoe dit op die Bult lyk na sakke oopgemaak is om herwinbare goedere uit te haal. Foto: Riaan Labuschagne/ Potchefstroom Facebook blad
Dit is hoe dit op die Bult lyk na sakke oopgemaak is om herwinbare goedere uit te haal. Foto: Riaan Labuschagne/ Potchefstroom Facebook blad

Die Herald het die afgelope tyd klagtes ontvang van bekommerde inwoners van Potchefstroom oor hoe die proses van herwinning toegepas word.

Sommige mense neem inisiatief en haal herwinbare goedere uit swartsakke op straat uit, maar soms word die res van die rommel net so buite die sakke gelos. Dit veroorsaak ‘n gemors wat ‘n seer oog vir die gemeenskap en toeriste is.

Die Herald vra die publiek vir hul insae oor hoe dit eintlik gedoen moet word sowel as oplossings vir hoe mense herwinning kan toepas sonder om ‘n gemors daarvan te maak.

As jy dink jy het ‘n oplossing, stuur jou kommentaar na marianke.saayman@media24.com.

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top