NWU gee ‘n groot pakslae vir Shimlas

Schalk Hugo

Die NWU het die spoke van Bloemfontein begrawe toe hulle vir Shimlas vanaaand in ‘n Varsitybekerstryd op die Fanie du Toit Sportgronde met 58-21 geklop het.

Die NWU was aan die brand vanaand en hulle het van die staanspoor af die hef in die hand teen die bloutruie van die Rosesstad gehad.

NWU het op ‘n hoë noot begin toe Dean Gordon oor is vir die eerste drie binne 5 minute van die afskop. Die speler van die wedstryd, Schalk Hugo was ook uitstekend en het sy troepe briljant op losskakel gelei. Sy skopwerk was ook puik gewees.

Shimlas het toe teruggevuur met ‘n drie van hulle eie toe Albertus de Bod oor is na ‘n puik stukkie werk op die aanval om die telling na 9-7 te bring.

Evardi Boshoff het die twee drie gaan druk en hierdie kookwater senter is stelselmatig besig om groot naam te maak.

Die NWU het toe op alle silinders begin vuur met Chriswill September wat met ‘n briljante individuele tikskoppie die gaping in Shimlas se verdediging gevind en onder die pale gaan duik het. Met die telling 30-7 in die NWU se guns teen halftyd was sake stewig in die tuisspan se guns.

Die tweede helfte het uitstekend vir die NWU begin toe binnesenter AK Nela die eerste koeël met ‘n drie onder pale gevuur het om dit 37-7 te maak.

Shimlas het toe noodgedwonge die Powerplay geneem en kon een drie in die 3-minute tydperk druk toe Athi Halom oor is om dit 37-14 te maak.

Net daarna het die NWU ook hul Powerplay geroep en probeer om verder voordeel strek met die twee-man voordeel in ‘n 15 teen 13 stryd. Dit kon hulle wel nie doen nie met Shimas wat goed gedoen het om die tuispan se pogings in die kiem te smoor.

Na die strategiebreek het die haker Louis van der Westhuizen ook gaan druk om verder glans aan die telling te sit.

Shimlas se Francois Agenbag het ‘n 7 puntdrie gaan druk om die telling te vernou, maar dit was gans te laat om enige verskil aan die uitslag te maak.

Die blitse, Tapiwe Mafura en Jimmy Mpailane het die kersie op die koek met hul drieë gesit in die laaste 5 minute om die skare verblydend huis toe te stuur.

NWU:  58 (30)

Drieë: Dean Gordon, Evardi Boshoff, Tiaan Bezuidenhout Chriswill September, AK Nela, Louis van der Westhuizen, Tapiwe Mafura, Jimmy Mpailane

Doelskoppe: Schalk Hugo (6)

Shimlas: 21 (7)

Drieë: Albertus de Bod, Athi Halom, Francois Agenbag

Mall

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top