Student in tref en trap beseer

ongeluk

‘n Student is gisteraand (12 Maart) omstreeks 21:00  tydens ‘n tref en trap in Thabo Mbekirylaan beseer.

Die student se tannie Alta Botha het op die Potchefstroom Facebookgroep vir die gemeenskap se hulp gevra.

“My suster se seun  is gisteraand van sy motorfiets af gery, die Fortuner het egter van die toneel weg gery, en in die warboel het sy vriend wat saam met hom op sy eie motorfiets was nie kans gehad om ‘n foto van die voertuig te neem nie.
Wie ry weg nadat jy ‘n kind tref?????
Ek is opsoek na getuies wat moontlik hierdie ongeluk gewaar het en dalk informasie of ‘n foto het……..
Die persoon ry met ‘n gestampte kar rond…..hy/sy moet seker die voertuig laat herstel.
Ek wil vra as so fortuner by julle paneelklopper aankom om my asb te laat weet.
Hierdie persoon moet antwoorde gee.
ASB enige hulp sal waardeer word, en as julle kan SHARE en netwerk in en omliggend area ASB.
DANKIE” lees die inskrywing op Facebook.

Die Herald het intussen met die student se ouers kontak gemaak, sy pa het bevestig dat hy teen 14:00 vir ‘n operasie gaan.

 

Lees meer hieroor in vandeesweek se Herald.

 

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top