Twee vas na rooftog

police,saps
Illustration photo

Twee mans in inhegtenis geneem na ‘n rooftog wat Vrydag (9Maart) in Autolaan plaasgevind het.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die slagoffer op pad om kontant in ‘n kluis te gaan bêre toe ses verdagtes wat me messe gewapen was hom genader het.

“Hulle het die slagoffer gedreig waarna hulle duisende rande in kontant by die man gesteel het en gevlug het,” het Chaka gesê.

Twee van die verdagtes is kort na die rooftog in hegtenis geneem. Hulle het Maandag (12 Maart) in die hof verskyn waarna die saak uitgestel is na 15 Maart vir ‘n formele borgaansoek.

Levuyo Thwala (30) en Klaas Morebudi (30) bly in aanhouding.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top