Nollie se hindernishelde het Midas-aanslag

n Afrigter se trots. Nollie Meintjies en Cara du Preez glimlag breed na laasgenoemde se gouemedalje oorwinning in die dames o.18 2 000 meter hindernis-item by die ASA Jeug Atletiekkampioenskappe. Foto: Willie de Villiers
n Afrigter se trots. Nollie Meintjies en Cara du Preez glimlag breed na laasgenoemde se gouemedalje oorwinning in die dames o.18 2 000 meter hindernis-item by die ASA Jeug Atletiekkampioenskappe. Foto: Willie de Villiers

Nollie ons gaan Pêrel toe en kom met goud terug!

Nes Pollie in die bekende Afrikaanse liedjie Pollie Ons Gaan Pêrel Toe, was Volkies se middel en langafstandafrigter, Nollie Meintjies in die Pêrel, maar hy het nie met leë hande teruggekeer nie.

Sy SA Skoleatletiekkampioene, Robert de Villiers (o.20 mans 3 000 meter hindernis) en Cara du Preez (o.18 dames 200 meter hindernis) het goud by die ASA Junior en Jeugatletiekkampioenskappe in die hindernisitems behaal en kan nou sonder twyfel met reg as SA se bestes gereken word.
Twee van Atletiek Sentraal Noordwes se nege goue medaljes is te danke aan Meintjies se hindernishelde wat oudergewoonte op die Dal Josephat Atletiekstadion se tartanbaan uitgeblink het.

Dié twee Volkies is vanjaar kookwater op die baan met Du Preez wat ‘n wentyd van 6:44.43 opgestel het, terwyl De Villiers ‘n uitdagende wedloop met ‘n tyd van 9:11.71 koning gekraai het.

Robert de Villiers in aksie

Robert de Villiers in aksie

Cara du Preez het goud behaal in die 2000 meter hindernis.

Cara du Preez het goud behaal in die 2000 meter hindernis vir vroue 0.18.

Meintjies is in die wolke oor sy twee atlete en het die afgelope Maandag breëbors gesels oor hulle goue glorie.

“Albei Robert en Cara kan ontsettend trots wees op hulle prestasies. Cara het haar wedloop gedomineer en het amper die SA rekord gebreek deur dit net met 1.5 van ‘n sekonde te mis. Robert het ‘n baie moeiliker wedloop gehad en moes teen universiteite se eerstejaars ook kompeteer. Dit was senutergend maar hy het toe op die einde mooi klaargemaak,” vertel Meintjies.

Hierdie ervare afrigter voer ook verder aan dat die stygende temperature op die dag ook baie tot die moeilikheidsgraad bygedra het.

“Dit was ontsettend warm gewees en albei moes werklik diep gedelf het. Dit was hard, maar hulle het gewys dat hulle kan. Die lengte van die seisoen speel ook ‘n groot rol, veral as ‘n mens dink dat die atlete al vanaf Januarie kliphard deelneem,” voer Meintjies verder aan.

Die Sentraal Afrika Atletiekkampioenskappe lê nou vir De Villiers en Du Preez voor wat vanaf 26-28 April in Boksburg plaasvind. Indien albei atlete weer presteer, sal hulle heel moontlik vir die Junior Wêreldatletiekkampioenskappe in Finland later vanjaar in aanmerking kom.

Mall

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top