Made by Mosaic produkte nou aanlyn besikbaar

Made by Mosaic het Donderdag (12 April) sy nuwe aanlynwinkel aan die publiek bekend gestel.
Made by Mosaic is ‘n werkskeppingsinisiatief wat in Potchefstroom begin is.


Tydens die geleentheid het verskeie besighede en ondersteuners van Made by Mosaic almal saam hierdie mylpaal gevier.
Daar is tans vyf miljoen wees en weerlose kinders in Suid-Afrika, waarvan baie in die sorg van familielede soos oumas en tannies is, alhoewel dié familielede hulself reeds in baie moeilike omstandighede vind.
Die gevolg is dat hierdie versorgers, in baie gevalle, nie die vermoë het om na hulle eie of die wees en weerlose kinders in hulle sorg, se behoeftes om te sien nie. Dit is waar die Mosaic-model ‘n verskil maak.


As deel van hierdie model word daar ‘n fokus geplaas op volhoubare werkskepping, so het Made by Mosaic ontstaan. Die opbrengs van die verkoop van produkte gaan direk na die families toe.
Volgens Terry Niemack, bestuurder van Made by Mosaic, word daar sodoende ‘n inkomste vir hierdie families verseker.
“Daar word direk in hierdie families se ekonomiese welstand belê.
“Hierdie droom is werklik gemaak deur ‘n skenking van BlueTech wat nie net die aanlynwinkel ontwerp het nie, maar ook sorg vir die tegniese onderhoud van die webtuiste.
“Dankie aan Cornelius van der Walt en Marize de Bruin hiervoor. Made by Mosaic se aanlynwinkel, www.madebymosaic.co.za verseker dat ons produkte nie net in Potchefstroom beskikbaar is nie, maar ook vir die hele Suid-Afrika,” het Niemack gesê.
Made by Mosaic bedank graag vir Calvin Venter van Flavazz Coffee vir die heerlike koffie wat die gaste kon geniet.
Gaan maak gerus ‘n draai op www.madebymosaic.co.za om aanlyn by hulle te koop, of kyk gerus na die verskillende verskaffers vir ‘n winkel naby jou.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top