Man steeds in hospitaal na ernstige motorfietsongeluk

Lennard Botha (30) is steeds in gevaar na hy in 'n ernstige motorfiets ongeluk betrokke was

’n 30-jarige motorfietsryer is gelukkig om te lewe nadat hy Donderdagaand 10 Mei in ’n ongeluk op die hoek van Dr James Morokalaan en Sol Plaatjiestraat betrokke was.
Volgens Lennard Botha se vriendin, Ansonette du Preez, kon Botha verlam of selfs dood gewees het omdat hy frakture aan sy nek opgedoen het. Botha het ook sy sleutelbeen en pelvis gebreek.

 

Die toneel van die ongeluk

Hy sterk tans in die Potchefstroom-hospitaal aan, maar is volgens Du Preez nog nie buite gevaar nie, omdat hy nog ’n operasie moet ondergaan om die frakture in sy nek te herstel.

“Dokters het Dinsdagoggend geopereer om sy pelvis te heg. Hy het baie bloed verloor tydens die operasie, maar dit was gelukkig ’n sukses. Hulle het vir hom gesê dat hy nie sy nek mag optel nie, omdat dit probleme kan veroorsaak,” sê Du Preez.

“Hy is baie rustig, maar het nog baie pyn en wil bitter graag huis toe gaan,” het sy voorts gesê.
Volgens haar is daar nog ’n lang pad van herstel wat vir Botha voorlê.
Volgens Ineke van Huyssteen, ER24 woordvoerder, het paramedici kort na middernag op die toneel gekom waar hulle Botha langs sy motorfiets aangetref het.
Volgens Du Preez het Botha, wat ’n werktuigkundige by Bike Centre is, aan sy motorfiets gewerk, waarna hy dit vir ’n toetsrit geneem het. Die ongeluk het by ’n verkeerslig gebeur toe hy in botsing met ’n taxi betrokke was.

Botha is onlangs na Klerksdorp geneem vir ‘n nekoperasie.

Motorfietsryer ernstig beseer na ongeluk

  AUTHOR
Dustin Wetdewich
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top