Mediclinic verwelkom nuwe dokter

Dr Chun-yen Wu Algemene Chirurg MB ChB (UVS) 2009 FCS (SA) 2017 MMed (Chirurgie) 2018

Dit is ‘n voorreg vir Mediclinic Potchefstroom om Dr Chun-yen Wu, algemene chirurg, in Potchefstroom te verwelkom.

Dr Wu se spreekkamers word tans by Mediclinic Potchefstroom se nuwe spreekkamerblok ingerig. Hy is egter reeds beskikbaar vanaf 2 Julie 2018.
Dr Wu het voorgraads by Kovsies studeer. Hy het sy huisdokterjaar in Bloemfontein Universitas hospitaal gedoen en gemeenskapdiens in Kimberley hospitaal voltooi.
Wu het in Ficksburg in die Vrystaat grootgeword en is Afrikaans-, Engels- en Sotho
magtig.

Hy speel krieket, rugby en draf graag. Wu is getroud, en hy en sy vrou, June, het ’n baba-dogtertjie. Dr Wu is reeds beskikbaar vir afsprake. Vanaf Oktober 2018 sal hy by sy spreekkamers in die nuwe doktersblok by Mediclinic Potchefstroom wees.

Ons wens Dr Wu en sy familie sterkte toe en weet dat hul gou tuis sal wees in Potchefstroom.

Navrae en afsprake
018 293 3591 / 018 293 7000
Spreekkamers vanaf Oktober 2018
Suite C14
Mediclinic Potchefstroom
Meyerstraat 66
Potchefstroom, 2531

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top