Jong man breek nek in ongeluk

Corneel Bester het sy nek gebreek tydens die ongeluk. Foto: Verskaf
Corneel Bester het sy nek gebreek tydens die ongeluk. Foto: Verskaf

ʼn 27-jarige man is Saterdagaand baie ernstig beseer toe ʼn bakkie van agter in sy motor vasgejaag en die bestuurder van die bakkie daarna weggejaag het.

Corneil Bester se nek is gebreek, hy het skedelfrakture opgedoen en het bloeding op die brein. Sy ouers gaan hom vandag (Dinsdag) na ʼn neurochirurg in Krugersdorp neem.

Volgens Corneil se pa, Cor, het die voorval Saterdagaand omstreeks 22:30 plaasgevind. Corneil het pas oor die treinbrug in MC Roode-rylaan gery toe hy skielik ʼn voertuig se ligte kort agter hom gewaar.  Die volgende oomblik was daar ʼn geweldige slag en hy het beheer oor sy voertuig verloor.

Sy voertuig is van die pad af, die voorwiele is afgeruk, ʼn kragpaal is omgery, hy is deur drade van ʼn kleinhoewe en het uiteindelik teen ʼn boom gebots.

Dit is hoe Corneel se motor gelyk het na die ongeluk. Foto: Verskaf

Dit is hoe Corneil se motor gelyk het na die ongeluk. Foto: Verskaf

Daar was gelukkig gou mense byderhand wat die nooddienste kon ontbied. Hy moes uit die motor gesny word.

Corneil was op pad huis toe en die ongeluk het slegs 400 meter vanaf sy ouerhuis plaasgevind.

Sy pa se dis ʼn wonderwerk dat hy lewendig uit die erg beskadigde motor geklim het. Volgens hom moes dit ʼn geweldige harde stamp van agter wees om die motor so te beskadig.

Cor sê die bakkie wat betrokke was is sover hulle weet ʼn wit Toyota Hilux.  Enigiemand wat dalk meer inligting oor die bakkie of die ongeluk het word versoek om Bester te skakel by 082 348 3737.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top