Help jou kinders leer

As jy as ouer vir jou kind ’n goeie grondslag wil lê in vakke soos wiskunde, Afrikaans en Engels, is herhaling en oefening die beste raad. Klasse is deesdae oorvol en onderwysers kan onmoontlik by almal uitkom – daarom is dit nodig dat ouers tuis ook moet help om leer makliker te maak. Maak seker jy weet waarmee jou kind tans besig is en toets hom om te sien of hy wel die werk verstaan sodat jy dadelik kan ingryp as dit nodig blyk te wees. So help jy dan sommer dat jou kind die konsepte onder die knie kry wat tot beter prestasie en selfvertroue sal lei.

Daar is verskeie aanlyn platforms waar jy toetse en vraestelle kan aflaai. Afrikaans.com gee ’n lekker lang lys. Kyk gerus by http://afrikaans.com/leerhulp/help-jou-kind-toetse-vraestelle-en-speletjies/

Leer hoef darem ook nie net formeel te wees nie. Daarom is daar by dieselfde skakel ook ’n lys bord-en rekenaarspeletjies en oulike toeps wat jou kind kan gebruik om speel-speel te leer. Gaan kyk gerus by Afrikaans.com en maak leer weer pret.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top