‘Spinnekop’ hardloop sy hart uit vir orgaanbewusmaking

Spinnekop hardloop vir 'n doel. Die Pretorianer, Eric Nefdt (32), was hierdie week in Potchefstroom in sy 1550km reis vanaf Pretoria na Luderitz om bewusmaking vir orgaanskenking te skep.
Spinnekop hardloop vir 'n doel. Die Pretorianer, Eric Nefdt (32), was hierdie week in Potchefstroom in sy 1550km reis vanaf Pretoria na Luderitz om bewusmaking vir orgaanskenking te skep. Foto: Wouter Pienaar

In ‘n kenmerkende rooi en blou Spidermanpak het die man bekend as Spinnekop, oftewel Eric Nefdt, die afgelope paar dae die land aan die brand gehardloop om bewusmaking vir orgaanskenking te vergroot.

Nefdt het hierdie week op sy beplande 1 550 km roete vanaf Pretoria na Lüderitz in Namibië in Potchefstroom gestop en die Herald meer oor sy barmhartige reis vertel wat hy met behulp van Normie Eckard van die organisasie, Ventures4Jesus, aanpak.

Spinnekop hardloop vir 'n doel. Die Pretorianer, Eric Nefdt (32), was hierdie week in Potchefstroom in sy 1550km reis vanaf Pretoria na Luderitz om bewusmaking vir orgaanskenking te skep.

Spinnekop hardloop vir ‘n doel. Die Pretorianer, Eric Nefdt (32), was hierdie week in Potchefstroom in sy 1550km reis vanaf Pretoria na Luderitz om bewusmaking vir orgaanskenking te skep. Foto: Wouter Pienaar

“Dit is min dat ‘n mens hoor dat die persoon wie hardloop se bystand in die vorm van ‘n man in ‘n rolstoel kom. Dit is presies die tipe persoon wat Normie is. Hy help my sover as wat hy kan en ry agter my aan op my roete,” vertel Nefdt wat poog om elke dag ten minste 40 km te voltooi en dié reis in 35 dae te voltooi.
Eckard dien as die spinnekopman se emosionele, geestelike en letterlike bystand waar hy saam met hom die pad aanpak en ook sy eie deel vir liefdadigheid doen.

“Ek het vanjaar in Mei met Ventures4Jesus geld ingesamel toe ek sewe avonture in sewe dae voltooi het. Na dit het ek die Here gevra om my te wys waar ek volgende betrokke moet raak en toe bel Eric my. Sedertdien is ek al die pad saam met hom in hierdie veldtog. Ek doen ook elke dag 5 kilometer in my rugbyrystoel saam met Eric met die doel om 100 myl (161km) te voltooi wat as 100Miles4Jesus bekendstaan,” sê Eckard.

Nefdt se betrokkenheid by bewusmakingsveldtogte het by die geboorte van sy seun, Leo-Kevin, begin nadat daar uitgevind is dat sy seuntjie ‘n moontlike hartdefek het. Nefdt het wel goeie nuus gekry dat sy seuntjie herstel het, maar in die proses het hy meer belang gestel om kinders en mense te help wat juis met hartprobleme sit.

Eric "Spinnekop" Nefdt (Heart Kids SA) en Normie Eckard (Ventures4Jesus) span saam om 'n verskil te maak en bewusmaking rondom orgaanskenking te vergroot. Foto: Wouter Pienaar

Eric “Spinnekop” Nefdt (Heart Kids SA) en Normie Eckard (Ventures4Jesus) span saam om ‘n verskil te maak en bewusmaking rondom orgaanskenking te vergroot. Foto: Wouter Pienaar

Nefdt het die 2017 Comrades Marathon in sy Spiderman-pak voltooi en tesame met die Heart Kids South Africa organisasie poog hy om ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak.

“Ek sien myself as ‘n avontuurlustige in murg en been en met al die drafervaring wat ek het, is dit vir my ’n lekker uitdaging. Dit is ook vir ’n baie belangrike doel om die bewusmaking van orgaanskenking te vergroot.

Tans is daar net 0.2% van Suid-Afrika se bevolking wat orgaanskenkers is. Een orgaanskenker kan sewe mense se lewens red,” vertel Nefdt.

Nefdt en Eckard beplan om Donderdag weer die pad verder na die Noord-Kaap aan te durf waar hulle verby plekke soos Ventersdorp, Coligny, Vryburg, Kuruman en Kathu sal beweeg voor hulle Lüderitz tref.

“Mense dink ek is baie vreemd as hulle hierdie ou in sy Spiderman-suit sien hardloop. Dit trek aandag en vir my is dit net normaal om ’n verskil te maak,” sê Nefdt, wat elke dag ‘n web van verandering op sy pad spin.

* Lesers kan die Facebook-bladsye “Spinnekop” en “Ventures4Jesus” vir meer inligting besoek.

Belangstellendes kan ook https://www.odf.org.za /spinnekop besoek om vir orgaanskenking aan te teken.

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top