Dienssentrum vier Vrouedag in styl

Die gehoor het saam met Dillon Lerm gesing.

Overvaal Stereo het onlangs ’n kompetisie van stapel gestuur waar hulle ouetehuise uitgenooi het om te sê waarom dié radiostasie vir ‘n hele dag by hulle moet uitsaai en waarom Dillon Lerm by hulle moet optree.
Die doel van die kompetisie was om Overvaal Stereo se nuwe lisensie van vyf jaar te vier.
Die Dienssentrum was die Potchefstroom wenners en het besluit om die geleentheid met hul algemene klubdag en Vrouedag te kombineer.
Buiten Dillon Lerm en Overvaal wat uitgesaai het, het Santie Brits en ander gaskunstenaars ook die klublede toegespreek. Santie se praatjie het gehandel oor die liquorice van die lewe en hoe mens dit moet geniet en die beste daarvan maak.
Sanet Jansen van Rensburg van die Dienssentrum het by Santie se praatjie bygevoeg dat sy voel die Dienssentrum is in ’n mate die liquorice van baie bejaardes se lewens en dat hulle daarna streef om altyd die beste vir hul lede te bied.
Sowat 122 mense het die oggend bygewoon en Overvaal het tot 16:30 vanaf die Dienssentrum uitgesaai, waar lede van die Dienssentrum boodskappies en versoeke vir sekere liedjies kon rig.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top