Gimmies se tweekampsensasie verower goud

Marco Taljaard van Gimmies is 'n SA tweekampkampioen nadat hy op 1 Julie by die Midmardam in sy afdeling gewen het
Marco Taljaard van Gimmies is 'n SA tweekampkampioen nadat hy op 1 Julie by die Midmardam in sy afdeling gewen het. Foto: Wouter Pienaar

Potchefstroom Gimnasium het ‘n nuwe nasionale tweekamp kampioen in hulle midde nadat die graad 9 leerder, Marco Taljaard, goud in die SA Tweekampkampioenskappe op 1 Julie in sy ouderdomskategorie verwqerf het.

Marco is ‘n kranige atleet en hy is ook die Noordweskampioen in tweekamp met Noordwes kleure in onder andere atletiek, driekamp en lewensredding wat hy alles vanjaar behaal het.

Volgens Marco was vanjaar se eerste plek by die SA Tweekampkampioenskappe sy hoogtepunt tot dusver.

“Ek is ‘n baie sterk fietsryer en ek dink dit het juis tot my voordeel in dié kompetisie getel. Ek moes 10 km fietsry asook twee hardloopsessies (2.5 km en 1.25 km) voltooi. Ek het rustig begin met die eerste hardloopsessie en toe die atlete ingehaal met die fietsry-been. Na dit het ek voorgeloop en toe kon hulle my nie verder inhaal nie,” vertel Marco met ‘n glimlag.

Marco het in ‘n skaflike tyd van 31 minute en 31 sekondes klaargemaak en kon met tevredenheid terugkyk na ‘n baie suksesvolle kampioenskappe.

“Ek is regtig bly omdat ek baie hard vir dit gewerk het. Ek draf omtrent vier keer per week en wissel dit da nook af om so drie keer per week fiets te ry. Al die harde werk help op die ou einde,” noem hy.

Nog ‘n ander aspek wat Marco op trots is, is toe hy verlede jaar drie SA rekords in lewensredding gebreek het. Tesame hiermee het Marco ook ‘n lang lys ander prestasies in verskeie ander sportsoorte en hierdie jong man mik in die toekoms na groot hoogtes.

“In die toekoms sal ek graag aan die tweekamp of driekampwêreldkampioenskappe wil deelneem. Dit is my groot doelwit.”

http://www.nbcarsales.co.za/

http://www.nbcarsales.co.za/

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top