NWU se Van Dyk en Links skitter by Afrika-kampioenskappe

Jo-Ané van Dyk het 'n silwermedalje in spiesgooi by die afgelope Afrikakampioenskappe behaal. Foto: Wouter Pienaar
Jo-Ané van Dyk het 'n silwermedalje in spiesgooi by die afgelope Afrikakampioenskappe behaal. Foto: Christiaan Kotze/SASPA

By die onlangse Afrika Atletiekkampioenskappe in Asaba, Nigerië waar Suid-Afrika ‘n algehele tweede plek behaal het, het ‘n paar NWU atlete ook hulle stempel afdruk.

Hierdie kampioenskappe wat vanaf 1-5 Augustus by die Stephen Keshi-stadion plaasgevind het, was ‘n goeie een vir Jo-Ané van Dyk wat met ‘n gooi van 53.72 meter ‘n tweede plek behaal het. Mpho Links was nog ‘n NWU medaljewenner in sy SA kleure met ‘n derde plek in die mans hoogspring. Links het met ‘n sprong van 2.15 meter sy podiumplek behaal.

Johann Grobler was vierde in die mans spiesgooi met ‘n afstand van 74.49 meter. Tshepang Makhethe het ook ‘n vierde plek behaal in die mans hamergooi-item met ‘n afstand van 68.81 meter. Sy mede NWU-hamergooier, Alan Cumming kom hier in die sesde plek met ‘n afstand van 67.37 meter.

Riëtte Heyns moes ook met vierde plek in die vroue diskus-item tevrede wees met ‘n afsatand van 52.41 meter. Ariane Nel behaal ook ‘n vierde plek in 4x100m aflos item vir haar land.

http://www.nbcarsales.co.za/

http://www.nbcarsales.co.za/

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top