2000 mense by treinstasie om held te groet

Op 4 September 1912 het Kenneth McArthur op die Potchefstroom-stasie aangekom nadat hy in Julie 1912 die Olimpiese marathon in Stockholm, Swede gewen het.
Die trein vanaf Kaapstad was ure laat omdat dit op talle stasies moes stop waar mense dié held wou sien. Daar was selfs ‘n rolprentkamera (onthou dis 1912) teenwoordig, maar geen beeldmateriaal kon geskiet word nie, want die trein, wat om 17:30 sou arriveer, het eers om 20:15 opgedaag.
Dit word bereken dat daar sowat 2 000 mense by die stasie was. Berigte sê bejaardes en siekes was die enigstes wat nie op die stasie was nie.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top