Gimmies se sewes-spanne gebruik tuisvoordeel

Daar was aksie sonder ophou by vanjaar se Gimmie 7’s toernooi met drieë, vlugvoetige lopies, harde duikslae sowel as ‘n puik bekeroorwinning vir Potchefstroom Gimnasium se junior sewes-span.
Die gasheerskool was een van nege skole wat aan hierdie sewes ekstravaganza deelgeneem het wat op Saterdag, 8 September by die Mooivallei Sportterrein plaasgevind met.

Hier is foto’s van die dag se aksie:

Foto’s: Wouter Pienaar


Gimmies se o.15-span was ‘n fees vir die oog en het met hulle oorwinning teen Midstream College in die eindstryd bewys hoekom hulle die toernooi se bestes was.
Hulle kaptein, Christopher Albertus was ‘n kolos gewees, terwyl manne soos Wian Oosthuizen en George Kotzé ook uitgestaan het.
Drie ander plaaslike skole, naamlik Potchefstroom Boys High, Hoër Volkskool Potchefstroom en Hoërskool Ferdinand Postma, het aan hierdie toernooi deelgeneem. Volkies se o.15’s het ‘n derde plek algeheel behaal nadat hulle Schoonspruit met 27-5 in die uitspeelwedstryd om die derde plek geklop het. Ferdies en Boys High het al hulle wedstryde verloor, maar Boys High kan hulself op die skouer klop nadat hulle amper vir Volkies se o.17’s skrikgemaak het met ‘n skraps 24-21 nederlaag.
Gimmies se o.17-span het in die halfeindstryd teen KHS gestruikel nadat hulle al hulle poelwedstryde gewen het. Hulle het Ferdies 24-0 geklop, Midstream College met 34-5 verower, Wagpos met 27-5 baasgeraak en 28-22 teen Wesvalia die oorhand gehad.
Klerksdorp Hoërskool (KHS) is die wenners van die senior afdeling (o.17) nadat hulle vir hul bure, Hoërskool Wesvalia, baasgeraak het.

 

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top