Motordiefstal ‘n kommer in Potchefstroom

police,saps
Illustration photo

Diefstal van veral Volkswagen Polo motors is volgens die polisie ‘n groot kommernis in Potchefstroom op die oomblik.

Volgens polisiewoordvoerder ao Mpho Manyoba sê dat Polo-diefstal die afgelope ruk baie toegeneem het.

Vrydag (7 September) tussen 18:30 en 21:15 is ‘n Volkswagen Polo vanuit Thabo Mbekistraat gesteel. Die eienaar van die motor sê dat hy sy motor in die straat parkeer het om by iemand te gaan kuier. Hy het seker gemaak dat al die deure gesluit is. Toe hy terugkeer na waar hy sy motor was, het hy gesien dat die motor weg is.

Op Saterdag 8 September is ‘n wit Volkswagen Golf GTI en ‘n wit Nissan NP200 bakkie vanuit ‘n erf in Bachlaan, Van der Hoffpark gesteel. Die eienaars van die voertuie sê dat toe hulle Saterdagaand gaan slaap het was alles in orde, maar Sondagoggend was ‘n deur en ‘n venster van die huis oopgebreek. ‘n Skootrekenaar, ketel en beddegoed is ook gesteel.

Diewe het Maandag (10 September) omstreeks 19:00 probeer om ‘n goue Volkswagen Polo uit die parkeerarea buite Potchefstroom hospitaal (Kruisstraat) te steel. Die eienaar van die voertuig het iemand by die hospitaal gaan besoek en toe hy terugkeer sien hy iemand het in sy Polo ingebreek. Die Polo was oopgesluit en die battery, radio en lugkussings (airbags) is gesteel. ‘n Saak van poging tot motordiefstal en diefstal vanuit ‘n voertuig word ondersoek.

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top