Roof styg met 45%: Hoogste in tien jaar in Potchefstroom

police,saps
Illustration photo

Gewone roof is tans die hoogste wat dit in tien jaar in Potchefstroom was.
Volgens die jongste statistiek van die polisie het gewone roof in Potchefstroom met 45.6% gestyg. Die getal gewone rooftogsake wat in dié tydperk aangemeld is, is 226. Dit is 71 meer sake as verlede jaar. Verlede jaar het reeds ’n groot toename in dié soort rooftog getoon. Dit was in die 2015-2016 periode 73, waarna dit in 2016-2017 tot 155 gestyg het.
Die nuwe stasiebevelvoerder, brig. Steven Moodley, het in Junie ’n algemene misdaadsvergadering gehou. Dié soort misdaad sou in die vergadering bespreek word. Moodley, wat in April vanjaar eers oorgeneem het, het beloof om toe te sien dat misdaadsyfers in Potchefstroom daal. Die styging in gewone roofsyfers strook met dit wat in die provinsie ondervind word. Noordwes het ‘n 9% toename in gewone roof ondervind.
Aan die positiewe kant het verkragting met 25.6% gedaal. Daar is 58 sake van verkragting aangemeld. Dit is baie naby aan die minste wat dit in tien jaar was. Die minste getal verkragtings (55) wat aangemeld is, was in 2015-2016.
Huisroof het die laaste drie jaar ook stelselmatig afgeneem.

  AUTHOR
Dustin Wetdewich
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top