Elvis Blue versinnebeeld sy musikale verhaal met “Stories”

Elke mens het ‘n storie en in die geval van een van ons land se top kunstenaars word sy stories deurdrink met melodieë en harmonieë wat sy drome versinnebeeld.

Die SAMA-bekroonde sanger en musikant, Elvis Blue, het met sy vertoning, Stories¸ by Aardklop Donderdagaand (4 Oktober) sy musikale tydlyn met beide verskeie liedjies uit sy kleintyd sowel as ‘n paar van sy nuwe treffers vanaf Stories gespeel.

Toe Blue en sy orkes eers die verhoog betree was daar ‘n luide applous van sy aanhangers wat net deur die aand langer en harder geword het. Blue se weergawes van “Wild World” en “Living Years” was van die uitstaande hoogtepunte op die aand. Natuurlik het Blue ook deur die loop van die aand verskeie stories met die gehoor gedeel en juis vertel hoe hierdie liedjies ‘n groot impak op sy lewe gehad het. Of dit nou die CD-speler in sy ouerhuis was of sy eerste motor waar die kasset vasgesit het – elke storie het net Blue se band met die gehoor verdiep.

Blue se talent agter ‘n mikrofoon is duidelik, en hy is nie verniet die eerste Afrikaanse sanger wat op die Top Tien van die iTunes Stores pryk nie. Sy vaardigheid met ‘n kitaar in die hand en met behulp van ander musikante op die verhoog is die Stories produksie juis verdiep en ‘n orkesagtige gevoel verskaf. Die liedjie “Beter Man” was ook een van my gunstelinge op die aand en het een van die dieper stories vertel. Die gebruik van blaasinstrumente, saksofoon en trompet,  het ekstra gravitas aan elke liedjie gegee en die musiekale ervaring ook net algeheel verdiep.

Een van die beste aspekte van Blue se vertoning is die passie en gevoel wat hy in elke liedjie sit en van die eerste tot die laaste noot kan ‘n mens nie die verblydende gevoel van sy gesig afhaal nie.

Elvis Blue is gemaak om musiek en stories te deel.

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top