update


Onthou om vir Potch se Mev. SA finalis, Jani Cronjé, te stem

Jani Cronjé. Foto: Facebook

Potchefstroom se eie Mev. Suid-Afrika finalis, Jani Cronjé, gaan binnekort op die Tammy Taylor Mev. SA 2019 verhoog verskyn.

Cronjé woon in Potchefstroom en is tans besig met haar LLB-graad aan die NWU se Potchefstroomkampus. Jani vra dat ondersteuners asseblief steeds vir haar moet stem deur “SABC3 JANI CRONJE” te SMS na 35959.

Die Mev. Suid-Afrika gala-aand vind plaas op 9 November by Emperors Palace in Ekurhuleni. Die Grand Finalé beloof om ‘n skouspelagtige produksie te wees met Top Suid-Afrikaanse bekende persoonlikhede, Katlego Maboe as MC en die talentvolle en pragtige DJ Zinhle as vermaak vir die aand, vervaardig deur die veelsydige Jan Malan.

Die pragtige top-25 finaliste sal om die gesogte kroon van Tammy Taylor Mev. Suid-Afrika 2018/19 meeding, terwyl hulle fabelagtige modes van plaaslike ontwerpers soos LISOF, BeachCult, Tsotsetsi KL, Ryan Keys, JJ Schoeman en Francois Vedemme vertoon.

Potchefstroom se pragtige Jani Cronjé sal hierdie Vrydag, 9 November, op die Mev. Suid-Afrika verhoog verskyn. Foto: Facebook

Potchefstroom se pragtige Jani Cronjé sal hierdie Vrydag, 9 November, op die Mev. Suid-Afrika verhoog verskyn. Foto: Facebook

Die beoordelaarspaneel bestaan uit:

Die voormalige Mej. Suid-Afrika, Cindy Nell-Roberts, Hlengiwe Twala – voormalige Mev. Suid-Afrika, Vusi Zwane – sakeman, Mel Viljoen (hoofuitvoerende beampte van Tammy Taylor Nails South Africa) en Alice Lee Giannette, Mev. World 2018, wat in Ekurhuleni gekroon is. SABC 3 is die amptelike uitsendingvennoot en sal die eindronde op 11 November om 19:30 op RTT uitsaai.

Die nuwe Tammy Taylor Mev. Suid-Afrika sal ‘n ambassadeur vir SABC 3 wees en Suid-Afrika by Mev. World verteenwoordig.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket vir diegene wat graag die kroning van die nuwe Tammy Taylor Mev. SA 2019 wil sien by:

https://online.computicket.com/web/event/tammy_taylor_mrs_south_africa_grand_finale_2018/1232459976/0/88160724 

 

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top