VLU Leeuharttak vroue word beloon

Susan Vlok, Flo Groenewald, Jacoba Reinecke, Santie Scheepers, Elsie Buijs, Kinnie Yssel en Annatjie Fouche. Foto: Verskaf

Gedurende die jaar neem die vroue van die Leeuharttak van die Vroue Landbou-unie (VLU) aan kompetisies deel om punte in te samel vir die einde van die jaar se prysuitdeling wat elke jaar ’n hoogtepunt is. Tydens hul laaste algemene takbyeenkoms vanjaar is die vroue vir hul harde werk gedurende 2018 beloon.
Die volgende vroue het trofees ontvang:
Annatjie Fouche, (kombuis), Elsa Reinecke, (masjienwerk) – Elize Oosthuizen, (kunsvlyt) – Santie Scheepers, (blommerangskikking) – Susan Vlok, (fotografie) – Annatjie Fouche, (ope) – Kinnie Yssel, (skryfkuns) – hoogste punte vir ‘n artikel: Elize Oosthuizen vir handvlyt en Annatjie Fouche vir ‘n warm nagereg. Die volgende lede het ook ‘n goue koekvurkie ontvang vir ‘n totaal van 1 000 plus punte: Elize Oosthuizen, Elsa Reinecke, Annatjie Fouche, Jacoba Ras, Susan Vlok en Elsie Buijs. Die algehele wenner was Elize Oosthuizen.
Die vroue sê daar kan met groot dankbaarheid teruggekyk word na ‘n baie geseënde jaar.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top