update


Help familie om oud-Gimmie terug te bring van Viëtnam

Benjamin Jooste (links) en sy boesemvriend Jason Luker. Foto: Verskaf
Benjamin Jooste (links) en sy boesemvriend Jason Luker. Foto: Verskaf

“Bedagsaam, saggeaard, lief vir die natuur, nuuskierig, ’n denker en iemand met eindelose simpatie en omgee vir sy medemens.”

Dit is hoe dié jong dromer van Potchefstroom in huldeblyke beskryf word nadat sy lewensavontuur Saterdag tot ’n einde gekom het.

Benjamin Jooste is die derde Potchefstromer wat sedert Oktober 2016 in Viëtnam gesterf het.

Hy is op 7 Januarie 1992 op Mafikeng gebore waar hy sy kleuterjare deurgebring het. Hy het die grootste deel van sy laerskoolloopbaan in Kenia gewoon en is later na Zambië. In graad sewe het hulle na Potchefstroom verhuis waar hy in Laerskool Mooirivier was.

Op hoërskool was hy in Gimmies en het daarna sy graad in Inligtingstegnologie by die Universiteit van Pretoria behaal.

Benjamin Jooste en Jason Luker was volgens Jason se ma soos 'battery and torch'.

Benjamin Jooste en Jason Luker was volgens Jason se ma soos ‘battery and torch’.

Volgens sy tannie, Liza Hattingh, was Benjamin baie kunstig en ’n goeie hokkiespeler, maar sal hy hoofsaaklik onthou word vir vir wie hy was en hoe hy mense aangeraak het.
Sy boesemvriend Jason Luker sê sy beste herinneringe van Benjamin was elke jaar met sy verjaarsdag.

“Hy het opgedaag met een of ander kunsstuk waaraan hy gewerk het en wat hy gedink het die perfekte verjaarsdag geskenk was,” sê Luker.

Sy Engelse onderwyser, Lorraine van der Westhuizen, sê Benjamin kon opstelle skryf wat lesers kon wegneem na ’n pragtige wêreld. Sy beskryf hom as ’n denker en ’n stem wat diep binne mense se harte kon raak.
Hy word verder beskryf as ’n wyse jong man wat insig ver bo sy jare gehad het.

Benjamin word oorleef deur sy pa Wouter, sy ma Erna en sy boetie Simeon (20). Wouter en Simeon het Woensdag na Viëtnam vertrek om reëlings te tref om Benjamin se liggaam terug te bring Potchefstroom toe. Sy familie wil graag sy begrafnis by die huis hou.

Benjamin Jooste (links) en Jason Luker is sedert 2007 beste vriende. Foto: Verskaf

Benjamin Jooste (links) en Jason Luker is sedert 2007 beste vriende. Foto: Verskaf

Benjamin se oom, Gerhard Hattingh, sê die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Sake en Samewerking was ongelooflik behulpsaam met die reëlings rondom sy afsterwe.

Om Benjamin se liggaam terug te kry in Suid-Afrika gaan die gesin wel baie kos.

Die koste tot by die OR Tambo lughawe beloop $8 996. Dit is sowat R125 000. Daar is mense wat reeds aangedui het dat hulle graag ’n bydrae wil maak. Indien nog iemand wil help, kan hulle Sana Jooste-Vermaas by 081 564 6565 skakel.

Benjamin sal dan waarskynlik binne die volgende twee weke in Potchefstroom begrawe word.
Lede van die familie het hul besorgdheid uitgespreek oor die feit dat Benjamin die derde seun van Potchefstroom is wat die afgelope twee jaar in Viëtnam oorlede is.

“Die kinders gaan soontoe met die belofte van ’n goeie inkomste en mooi strande, maar dan is die verkeersituasie so onveilig, met motorfietse as die enigste beskikbare vervoermiddel.”

Lees ook:

Help familie om oud-Gimmie terug te bring van Viëtnam

http://www.nbcarsales.co.za/

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top