News

Aardklop se Alexa op Kwêla

Aardklop se Alexa Strachan besoek Kwêla se en gesels met Hannes van Wyk ondermeer oor die nuwe Aardklop en haar pragtige dogtertjie. Omkring jou dagboek om nie die episode mis te loop nie. 23 Julie 20:00 net op kykNET.

Uitstappie beplan na Orchid Lovers’ Fair

Die Tuinbou vereniging organiseer ‘n uitstappie na die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Roodepoort op Saterdag 29 Julie 2017 na die Orchid Lovers’ Fair waar ‘n orgidieë uitstalling met inligtingsessies en demonstrasies plaasvind. Baie orgidieë sal ook te koop wees. Daar sal geleentheid wees om Random Harvest inheemse kwekery te besoek vir diegene wat belangstel

Dringende hofaansoek van munisipale bestuurder oor kontrak misluk

Die munisipale bestuurder, dr. Nomathemba Blaai-Mokgethi, het Dinsdag ’n dringende hofaansoek voor die Mmabatho hooggeregshof gebring om ’n interdik teen die LUR se onlangse besluit te verkry dat haar kontrak einde Augustus beëindig moet word.
messteek, Bult

Hewige reaksie oor Bult se slegte naam

Inwoners het behoorlik op Facebook gegons na die Herald verlede week berig het oor die agteruitgang op die Bult waar veral misdaad en dwelmgebruik hoogty vier.

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top