Sport

Vicky van Zyl en Nicholas Immelman gaan Suid-Afrika by die 13de Wêreld Berede Boogskietkampioenskappe in Suid-Korea verteenwoordig.

Hierdie Potch skuts gaan SA in Suid-Korea wil trots maak

Twee perderuiters van die Potchefstroom Ruiterklub het ondanks ‘n jaar se ervaring in die interessante sport van berede boogskiet (boogskiet op ‘n perd), hulle teikens getref en gaan Suid-Afrika by die 13de Wêreld Berede Boogskietkampioenskappe verteenwoordig wat vanaf 19 tot 23 Oktober in Suid-Korea gehou word. Nicholas Immelman, ’n graad 7-leerder aan Laerskool Mooirivier, gaan…
Pieter du Toit gets a high five from his girlfriend Danielle Strydom after his win on Sunday, 8 October at the Spur MTB Series inter-schools race. Both Strydom and Du Toit took first places.

Power couple finishes schools’ MTB journey with wins

It was a swansong to remember for Danielle Strydom and Pieter du Toit, the two captains of the North West Spur Schools’ MTB team at Hoërskool Bekker during the Spur MTB League inter-schools’ final from 7 to 8 October. In their final race for their province at school level, Strydom (Gimmies) and Du Toit (Volkies),…

Supa Quick nagwedloop gaan weer ’n treffer wees

Die Supa Quick 10- en 5km nagwedloop word op Woensdag 18 Oktober by die B-rugbyvelde van Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs Olënpark gehou. Dié immergewilde wedloop, wat deur Bert’s Bricks Atletiekklub aangebied word, is baie gewild en ‘n groot aantal atlete neem elke jaar daaraan deel. Dit bied die ideale geleentheid aan ervare en beginner atlete…

Volkies se eerste krieketspan is Noordweskampioene na naelbytoorwinning

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan is die Noordwes-kampioene vir die eerste keer sedert 1994 nadat hulle vir Potchefstroom Gimnasium met slegs 1 paaltjie vanmiddag (Saterdag, 14 Oktober) geklop het. Volkies het die loot gewen en eerste geboul met hulle boulers wat die weg vir ‘n oorwinning gebaan het. Gimmies is vir ‘n klein totaal…

Hierdie yster wil sy staal in Dubai wys

Die kranige eerstespan rugbyspeler van Potchefstroom Gimnasium, Anelka Barends (17), bevind homself dalk in Dubai hierdie komende Desembervakansie vir ‘n rugby ervaring soos min. Travel & Sport agentskap kies elke jaar gesogte spelers om deel van hulle o.19 uitnodigingspan vir toere te wees. Vanjaar is Barends die kans gegun om sy staal by die Dubai…
Gerhard Nortier sal weer op nommer 10 vir die Luiperds begin.

Luiperds bespreek plek in Curriebeker Eerste Divisie eindstryd

Die Luiperds het vanmiddag op die Bosman Stadion in Brakpan teen die Valke hulle sokkies opgetrek en die tuisspan met 26-23 in die Curriebeker Eerste Divisie halfeindstryd geklop. Sodoende het hulle verlede week se 44-19 nederlaag teen dieselfde Valke-span geheel en al agter die rug gesit en bewys hoe gevaarlik ‘n “gekweste Luiperd” kan wees…
Volkskool se Cobus Crowther sal graag sy hoërskool krieketloopbaan met die Noordwesskild in sy hande wil staan. Inlasfoto: Francois van Deventer gaan met sy draaiballe 'n verskil vir Gimmies wil maak in die Noordwes eindstryd teen Volkies

Volkies en Gimmies takel mekaar weer in Noordwes eindstryd

Vir die derde agtereenvolgende jaar speel Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspanne teen mekaar in die Noordwes-finaal hierdie komende Saterdag, 14 Oktober. Dit was nog elke keer ‘n krieketoorlog. Interessant genoeg sal dit ook die derde agtereenvolgende jaar wees wat Volkskool dié eindstryd aanbied en vir seker sal ervare Volkies soos Cobus…

South Africa’s best junior tennis players serve up a show in Potch

Tennis action of the highest quality is currently on display at the 2017 Growthpoint RVTA SA Junior Masters at the Fanie du Toit Sport Grounds of the NWU-Pukke in Potchefstroom 12-15 October. The tournament is a showcase of South Africa’s top young talent with the top 96 boys and girls players battling it out for…
Bradley Moolman van die Luiperds.

Kan Luiperds ’n U-draai teen die Valke in halfeindstryd maak?

Die Luiperds sal moet diep grawe om lig aan die einde van die tonnel te sien hierdie Vrydag 13 Otober in hulle Curriebeker Eerste Divisie halfeindstryd teen die Valke in Brakpan. Dié halfeindstryd is ’n herhaling van verlede week se ligastryd wat op dieselfde veld gespeel gaan word. Verlede Saterdag het die Luiperds wel lelik klippe…

Netbal sprokieseinde nie vir NWU-Pukke en Dot beskore

Net drie punte het tussen ‘n sprokieseinde vir NWU-Pukke se Varsity Netbalspan en hulle afrigter, Dorette Badenhorst gestaan, maar ongelukkig vir die Potchefstromers was Tukkies net een stap voor in Maandagaand se 43-41 Varsity Netbal-eindstryd oorwinning in Pretoria. NWU-Pukke kon dit drie agtereenvolgende Varsity Netbaltitels maak, maar moes vanjaar in ‘n herhaling van verlede jaar…

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top